GROOT BRAKRIVIER NUUS - Inwoners van die woonbuurte langs die R102 net buite Groot-Brakrivier het paniekerig op sosiale media navrae gerig aangaande 'n veldbrand wat vroegaand op Dinsdag, 8 September uitgebreek het.
Aangejaag deur 'n sterk wind het die brandbestrydingspanne van Mosselbaai- en die Tuinroete-distriksmunisipaliteit bontgestaan om die brand onder beheer te bring.
Die brand het ongeveer 17:00 Dinsdagaand uitgebreek. Nooddiensspanne het onverpoosd probeer om die brand onder beheer te bring en te keer dat die brand nie oor die R102 versprei na die nabygeleë Dolphin's Creek-gholflandgoed en ander omliggende woonhuise nie.
Teen 00:20 Woensdagoggend, 9 Oktober, was die brand onder beheer en is die R102 weer oopgestel vir verkeer. Die brandspanne het egter 'n ogie gehou vir nuwe opvlammings. Teen die namiddag het welkome reën verseker dat geen verdere opvlammings voorkom nie.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'