HARTENBOS NUUS - Sluit more, Saterdag, 25 Oktober by verskeie rolspelers aan vir ’n skoonmaakdag op Hartenbos se strand.
Die groep kom om 10:00 by die Hartenbos Seefront bymekaar en sal tot 12:00 daar wees.
Die doel is om die strand ’n skoner en gesonder omgewing te maak. Die groep het al voorheen skoonmaakdae by Dias asook die Punt gehad.
Die eerste 50 persone wat opdaag kry ’n gratis roomys en daar sal ook ’n gelukkige trekking plaasvind.
Navrae: Darren by 082 334 0890 of Chanté by 076 645 8747.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’