MOSSELBAAI NUUSFLITS - Mosselbaai het op Donderdag, 31 Augusutus, gasheer gespeel vir die streekuitdunne van die National Teachers Awards (NTA) wat op luisterryke wyse in die stadsaal plaasgevind het.
Tydens hierdie geleentheid is die Eden- en Sentraal Karoo-streek se afgevaardigdes na die Nasionale Onderwystoekennings aangewys.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal, self ‘n oud-onderwyser, het Naomi Fillies, ‘n leerkrag verbonde aan Sao Bras Hoërskool gelukgewens met die toekenning vir uitnemendheid in hoërskoolonderrig.
Me Fillies is reeds meer as 20 jaar 'n onderwyser en bied Engels Eerste Addisionele Taal aan vir die graad 12-leerders.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeeste burgemeesterskomitee het Naomi Fillies, ‘n leerkrag verbonde aan Hoërskool Sao Bras, gelukgewens met haar toekenning vir Uitnemendheid in Hoërskoolonderrig.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'