Update
MOSSELBAAI NUUS - In reaksie op die brand waartydens informele strukture gister 25 Julie vernietig is, is die poging om hulp te verleen in volle swang.
“Alle rolspelers is in kennis gestel volgens die munisipaliteit se noodlenigingstrategie. ‘n Brandverslag sal vanoggend voltooi word en kontak is reeds met die Rooi Kruis gemaak om die brandslagoffers by te staan,” berig Joe Johnston, hoof van Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuursdienste.
“Ons maatskaplike departement sal die gebied besoek en verder met die departement sosiale ontwikkeling skakel. Stadsbeplanning en die behuisingsafdelings sal ook toesien dat die noodpakkette wat behuising betref voorsien word. Die gebied sal besoek word om vas te stel presies hoeveel strukture tydens die brand vernietig is," berig Johnston.
Bestuurder van die Thusong-sentrum, Nomboniso Kana-Jika het ook dienste geaktiveer om die noodlenigingsproses te bespoedig. Kana-Jika het gesê dat SASSA asook die department van binnelandse sake hulp gaan verleen waar hul kan. Sy werk tans nou saam met die wyksraadslid, Donovan Claassen om al die korrekte inligting rakende die brandslagoffers in te samel.
Skenkings kan na die Greenhaven-biblioteek en die Mosselbaai-brandweerstasie geneem word.
Vorige artikels:
- Wolwedans-brand: 30 woonstrukture in brand verwoes
- Minstens 27 woonstrukture brand af
- Brand by Wolwedans
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'