MOSSELBAAI NUUS - Spanne van Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuursdienste het vroeër vandag, 25 Julie ‘n brand in Wolwedans geblus wat 30 woonstrukture in puin gelê het.
Geen beserings is aangemeld nie.
Raadslede Andton Dellemijn en Donovan Claasen het teen skemertyd hulp op die toneel verleen in samewerking met die Garden Route Casino-gemeenskapstrust.
Van die brandslagoffers het by familie en vriende huisvesting ontvang, maar ander wat geen heenkome het nie, sal vanaand in die Greenhaven-gemeenskapsaal skuiling vind.
“Ek is baie dankbaar teenoor my wykskomitee vir hulle hulp hier vandag,” het Claassen gesê. Dellemijn het berig dat die gemeenskapspolisieforum ook gekativeer is om te help.
“Dit is koud en daar is ‘n groot behoefte aan kos en komberse ook matrasse. Daar is heelwat kinder sonder die slagoffers. Ons moedig die gemeenskap aan om te help waar hulle kan. Enige skenkings sal verwelkom word.”
Die presiese aantal slagoffers is nog nie beskikbaar nie. Meer inligting volg soos dit bekend word. Skenkings kan na die polisiestasie op Groot-Brakriver geneem word. Uitgereik deur die Mosselbaai-munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'
30 HOMES DESTROYED IN FIRE
MOSSEL BAY NEWS - The Mossel Bay Municipality’s fire and rescue team was activated earlier today, 25 July to respond to a fire in Wolwedans, Great Brak River.
Thirty informal structures were destroyed in the fire. No injuries were reported.
Councillors Anton Dellemijn and Donovan Claassen were at the scene this evening to assist, along with members of the Garden Route Casino Trust.
Afflicted households sought refuge with family and friends wherever possible. The Greenhaven community hall has been offered as interim shelter for the night.
“I am grateful to members of my ward committee who assisted here today,” commented Claassen. Dellemijn said that the community policing forum has also been activated to help provide relief.
“It is cold and there is a great need for food and blankets tonight. There are several children among the fire victims. We encourage the community to please assist where they can. Any donations will be welcomed.”
An exact number of the victims are not yet available. More information will be communicated as it becomes available. Donations can be taken to the Great Brak River Police Station.
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'