Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Mossel Bay Advertiser joernalis Alet Engelbrecht is op die toneel waar minstens 27 informele woonstrukture vanmiddag, op Maandag, 25 Julie in die Wolwedans-woonbuurt op Groot-Brakrivier aan die brand geslaan het.
Die Mosselbaai Brand, redding en rampbestuurdienste is steeds op die toneel.
Sersant Botha het bevestig dat 10 huisgesinne by die Greenhaven Community saal gaan oorslaap, en res by familie is . Die oorsaak van die brand word ondersoek. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Vorige artikel: Brand by Wolwedans
VIDEO - Op die toneel van Wolwedans-woonbuurt brand (Video: Alet Engelbrecht).
VIDEO - Brand in Wolwedans-woonbuurt (Video: Alet Engelbrecht).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'