Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 21-jarige Vusumzi Mafuduka van KwaNonqaba het op Maandag, 14 Oktober in die Mosselbaai-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 17-jarige Michaela Booysen.
Booysen is met 'n piksteel oor die kop geslaan toe sy en haar kêrel op 6 Oktober in Aslapark gestap het. Hoewel daar drie verdagtes ten tye van die voorval betrokke was, is twee ander jong mans, beide 17 jaar oud, wat vir ondervraging geneem is, intussen vrygelaat.
Mafuduka het nie borgtog gekry nie en bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 30 Oktober.
Slegs Booysen se swart Nike-tekkies, 'n identiteitsdokument en kontant is gesteel. Sy is op die toneel in Dywillistraat, dood.
Intussen het 'n groep besorgde inwoners met plakkate by die hof betoog teen borgtog vir Mafuduka en 'n petisielys met meer as 3 000 handtekeninge by die hof ingedien.
Drie ander verdagtes het op Donderdag, 17 Oktober in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklag van die moord op 'n leerder van Hillcrest Sekondêre Skool, Khuselo Ndanda (17). Ndanda is verlede Maandag, 7 Oktober deur mede-leerders op die skoolterrein met messe doodgesteek.
Khuselo Ndanda.
Lees verwante artikels:
- 'Two wrongs don't make a right'
- Murder suspects make first court appearance
- 2 Teens killed
- Memorial service for Hillcrest learners
- Vroue staan saam vir Michaela Booysen
- Learners accused of murder remain in custody
- Wagte en polisie patrolleer skool en omgewing
- School stabbing update
- Attack at school: 3 learners arrested
- Opvolg: Messtekery by hoërskool
- Messtekery by hoërskool
- Tienermeisie vir haar tekkies vermoor
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'