Update
MOSSELBAAI NUUS - Kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse woordvoerder van die SAPD het bevestig dat die 16-jarige leerder van Hillcrest Sekondêre Skool wat vroeër vandag in ‘n messtekery by die skool betrokke was, in ‘n plaaslike hospitaal aan sy wonde beswyk het.
“Die leerder het aan verskeie wonde aan sy bolyf beswyk.
Die polisie volg tans leidrade op om so spoedig moontlik ‘n arrestasie te maak.”
Lees 'n vorige artikel hier: Messtekery by hoërskool
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'