Update
MOSSELBAAI NUUS - Die liggaam wat Woensdag, 30 Maart uit die water gehaal is, is vanoggend, 31 Maart net voor 10:00 deur reddingspanne en die AMS helikopter van die rotse bokant die hoogwatermerk opgehys en aan die forensiesespan van die polisie oorhandig.
Die liggaam is vanmiddag positief uitgeken deur die familie as die van Arno van der Mescht (21) wat op 20 Maart deur ‘n fratsgolf sowat 600m vanwaar sy liggaam gevind is, afgeslaan is.
Die herwinning van die liggaam was gister bemoeilik deur ‘n baie styl rotswand en dit was reeds laatmiddag. Daar is toe besluit om die liggaam deur die nag deur die polisie te bewaak.
Die AMS-reddingshelikopter is vanoggend, 31 Maart ingespan om die liggaam op te bring langs die kranse. 'n Span reddingswerkers het ook gereed gestaan om die liggaam met toue op te bring indien toestande ongunstig vir die helikopter sou wees.
Binne 25 minute was die operasie afgehandel en al die reddingswerkers is met die helikopter weer na bo gebring.
Lees in môre meer hieroor in die Mossel Bay Advertiser en kyk die video op mosselbayadvertiser.com webblad.
Vorige artikels:
- Soektog na vermiste lewer steeds niks op
- Soektog na vermiste man weer uitgestel
- Vriende praat na 21-jarige onder water verdwyn
- Search for missing man continues
- Soektog na vermiste man gaan vandag voort
- Soektog na vermiste man uitgestel
- Helikopter deel van reddingspan na man van rotse val
- Soektog na 'n man wat van rotse val
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'