MOSSELBAAI NUUS - Ek sidder behoorlik elke keer as ek dit voorsit, want na die eerste happie kom die vraag gewoonlik: "Kan ek die resep by jou kry?"
Die uiteinde hiervan is gewoonlik dat ek begin verduidelik, so goed as wat ek kan synde dat ek die gereg seker al meer as 20 jaar lank maak. Maar elke keer improviseer ek vir 'n verskeidenheid van uiteenlopende redes.
Die resepruilingsinteraksie eindig gewoonlik met 'n: "Sien, dis werklik baie eenvoudig?"
Die eindresultaat is egter dikwels, na my los-en-vas-verduideliking dat die gereg dan nie aan die verwagtinge voldoen nie.
"Is jy seker jy het die resep korrek aan my oorgedra?" kom die beskuldiging dikwels.
Hoe beantwoord 'n mens so 'n vraag? Want sien, ek glo daar is meer as bestanddele en metodiek betrokke wanneer dit by resepte volg kom. Ek dink in hierdie geval, veral, is dit 'n soort mieliegereg-chutzpah - by gebrek aan 'n beter uitdrukking.
Dis daardie onverklaarbare "iets" wat maak dat my braaibroodjie en jou braaibroodjie verskillend smaak, al gebruik ons dieselfde brood, tamatie, uie en kaas.
Maar net om te wys, ek voer regtig niks in die skild deur my mieliegereg in die mou te hou nie, deel ek (weer eens) die resep met liefde...en dan, is dit elke kok vir hom- of haarself.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'