Update
MOSSELBAAI NUUS - Nooddienste was vroegoggend op Sondag, 29 September op die toneel by 'n motorbotsing in Hartenbos waar 'n 33-jarige plaaslike man uit sy motor bevry moes word.
Die botsing het op die hoek van Riemland- en Damarastrate plaasgevind.
Die motor het teen 'n boom gebots en die bestuurder is in 'n kritieke toestand na 'n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.
Hy is later die dag in die hospitaal oorlede.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'