MOSSELBAAI NUUS - Nooddienste was vroeg vanoggend op die toneel by ‘n motorbotsing in Hartenbos waar ‘n man uit sy motor bevry moes word.
Die botsing het op die hoek van Riemland- en Damarastrate plaasgevind.
Die motor het teen ‘n boom gebots.
Na wat verneem word, is die man in ‘n kritieke toestand en na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'