MOSSELBAAI NUUS - Dertien leerders van Ridgeview Primêr en Hillcrest Sekondêr op Mosselbaai is vanoggend met beserings na 'n plaaslike hospitaal geneem nadat die Quantum bussie wat hulle skool toe vervoer het met 'n wit Polo gebots het.
Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie sê die bestuurder van die Polo het na bewering 'n U-draai op Bill Jeffery Rylaan gemaak en voor die bussie ingery.
Die voorval het om ongeveer 07:00 gebeur. Sewe seuns en ses meisies is vir ligte beserings na 'n hospitaal afgevoer en is intussen ontslaan.
Die polisie ondersoek 'n saak van roekelose-en-nalatige bestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'