• Koors (bokant 40.5°C)
• Lusteloos en traag
• Geswelde lippe en soms ook ore
• Donker-rooi tot blou verkleuring in die bek, neus en oogslymvliese.
• Kleinerige bloedings in slymvliese van neus en bek
• Rou sere op tong wat baie pynlik is
• Tong is opgeswel en kan by bek uithang in erge gevalle
• Loop baie moeilik as gevolg van inflammasie in die hoefkroon. Pote is warm en pynlik, dit vertoon as pers-rooi band waar die hoef by die vel van die been aansluit.
• Soms skewe nek
• Vinnige asemhaling
• Aanpaksels in neusgate
• Wol breek
• Swak vrugbaarheid by ramme
• Aborsies kan by ooie voorkom as gevolg van koors
Behandeling:
• Virusse kan nie soos bakterieë met antibiotika vernietig word nie
• Bring siek diere na skadu met sagte groenvoer of hoe kwaliteit pille en vars drinkwater
• Die kans is daar dat longinfekssie kan ontwikkel - behandel skape met langwerkende antibiotikum
• Vee neusgate skoon dat skaap makliker kan asemhaal
• Weens verlies aan eetlus en koors kan die dier se rumen ophou funksioneer (rumenstase). Indien dit gebeur, kry vars skaap pensmis by slagpale, druk die pens-water uit deur ‘n kaasdoek en doseer vir skaap of gebruik kommersiële middels op mark.
• Die belangrikste aspek is aandag en goeie sorg vir siek diere
• Kry middel by veearts vir inflammasie, koors en pyn
• Spuit Vit B kompleks - dit help om eetlus aan te wakker
• Stel ontwatering reg - gee glukose en sout oplossing (opgehoopte teelepel sout en suiker in 2 liter water). Doseer lammers 1 tot 2 liter en grootskaap tot 5 liter.
• Spoel neus en mond met sterk sout oplossing uit
• Beheer lastige vlieë en muggies. Gebruik dipmengsel en bespuit skape weekliks.
Voorkoming:
• Inenting is die enigste oplossing om bloutong te voorkom.
• Laat diere onderdak slaap en hou hulle daar teen son-opkoms en skemer want muggies is nagvoeders.
• Belangrikste tyd om te ent is vanaf Augustus tot Desember.
• Entstof kan vrugbaarheid van ramme affekteer
• Ent jong skape op 6 maande ouderdom, lammers kry wel immuniteit deur die biesmelk van ingeënte ooie.
• Entstof kom in A B C verpakking en moet 3 weke uit mekaar toegedien word. Dit is baie belangrik om by voorskrifte te hou om voldoende weerstand op te bou.
• As siekte reeds voorkom, moet baie streng maatreëls getref word, naamlik inenting slegs met 1 naald per dier, verskuif na hoërliggende dele, bespuiting met insekwerende middel 1 tot 2 keer per week gedurende eerste 3 tot 4 weke na inenting tot immuniteit verkry is.