Dit is georganiseer deur Ansie Nel en aangebied deur die bekende Jefferysbaai-kunstenaar, Petra Stiglingh.
Party van die vroue was groentjies wat nog nooit voorheen geskilder het nie en was sommer baie in hulle skik met hul eerste pogings.
Petra het kuns aan die Bloemfonteinse Onderwyskollege studeer en drie jaar onder Titia Ballot aan die Noord-Wes Universiteit. Sy het ook kursusse by Daniel Gerhartz, George Boys en Dale Elliot voltooi. Sy bied al vir 17 jaar klasse aan en het al wêreldwyd uitgestal.
.jpg)
By Petra (agter links) staan die deelnemers aan die werksessie, van links (voor) Marna van Heerden, Rolina Lerm, Linda Boltman, Elmarie Spies, Ansie Nel, Simonè Smit, (agter) Tertia Esterhuyse, Margeret Bester, Annaliza Human, Lindie Mellet en Adriana Robinson. Foto: Adriaan van Wyk