Vakansiegangers beroof langs Louis Fourieweg

Generiese foto.

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Twee vakansiegangers van Johannesburg was skaars vier ure met vakansie op Mosselbaai toe hulle gistermiddag oorkant De Bakke Terrace op die treinspoort naby Diasstrand beroof is.
 
Volgens polisie het die 18-jarige vrou en 20-jarige man kort na hulle aankoms op die treinspoor langs Louis Fourieweg, in die rigting van die strand gestap.
 
Die slagoffers is deur vier mans genader. Een van die verdagtes was gewapen met 'n mes terwyl nog 'n verdagte 'n vuurwapen gehad het.
 
Die mans het die slagoffers van hulle selfone beroof en weggehardloop.
 
Verskeie vakansiegangers en inwoners is die afgelope maande helder oordag in die gebied aangeval en beroof. 
 
'n Saak van roof met verswarende omstandighede word ondersoek.
 
Meer inligting volg soos dit bekend word.
 
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser