GROOT-BRAKRIVIER RUGBY NUUS - Drie leerders van Groot-Brakrivier Primêre Skool is uitblinkers in rugby.
Leerders Jeffwin Wesso en Ashwin Damons is tydens die SWD o/13 finale rugbyproewe in Worcester in die SWD o/13 se jaarlikse Coca Cola Crawenweekspan opgeneem. Hulle neem deel aan die toernooi vanaf 1 tot 6 Julie in Kimberley.
Julian Levendal is in die SWD laerskolespan se o/13 XV-tal opgeneem. Die toernooi vind vanaf 24 tot 27 Junie in Sasolburg plaas.
Die personeel en gemeenskap is baie trots op hierdie leerders en wens hulle elkeen 'n goeie en voorspoedige toernooi toe.
Jeffwin Wesso en Ashwin Damons.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'