MOSSELBAAI NUUS - As Suid-Afrikaners ondersteun ons beslis die rugby Springbokke hierdie Saterdag.
MAAR! Dit is nie net die Springbokrugbyspan wat op Saterdag rugby-ondersteuners se senuwees gaan toets nie - die Mosselbaai-munisipaliteit se rugbyspan meet Saterdagmiddag om 15:00 kragte teen die span van George Munisipaliteit.
Mosselbaai-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee nooi Mosselbaaiers om in groot getalle ons span by die Greenhaven Sportgronde te gaan ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'