Gallery
TUINROETE NUUS - Eden-driekamp het sy tweede TSA gesanksioneerde ligabyeenkoms van die seisoen in Groot-Brakrivier aangebied met 'n rekordgetal inskrywings, wat dui op die sterk groei van hierdie gewilde Olimpiese sport in dié streek.
Daar is in drie afstande deelgeneem: Super naelren (super sprint), naelren (sprint) en standaard (olimpiese afstand).
Die kompetisie word al hoe sterker in bykans al die kategorieë met heelwat nuwe atlete uit veral Knysna en Mosselbaai wat vir die eerste keer deelgeneem het. 'n Paar ou bekendes, wat drie van Eden se huidige nasionale kampioene in hul onderskeie ouderdomsgroepe insluit, was ook in aksie: Franna Vorster, Tina van Wyk en Christian Hattingh.
Daar was ook 'n paar atlete wat die byeenkoms benut het ter voorbereiding van die jaarlikse Ysterman- en Half-Ysterman-byeenkomste wat vroeg in die nuwe jaar plaasvind.
Die volledige podiumuitslae was as volg:
Standaard (1 500m-swem, 40km-fietsry en 10km-hardloop)
- Mans: 1. Franna Vorster (2:17:59); 2. Gerrie Beukes (2:18:52); 3. Grant Lindeque (2:21:11).
- Vroue: 1. Tina van Wyk (2:34:06); 2. Vicky Roos (3:02:37); 3. Chane Gricius (3:10:16).
- Spankompetisie: 1. Speedo's (2:26:43); 2. Brakke (2:32:23); 3. Coffee Club (2:39:03).
Naelren (sprint) (750m-swem, 20km-fietsry, 5km-hardloop)
- Mans: 1. Christian Hattingh (1:06:41); 2. Llewelyn Viljoen (1:07:49); 3. Siemon Joubert (1:09:00).
- Vroue: 1. Madré van Zyl (1:24:00); 2. Anel van Wyk (1:26:21); 3. Esmarie Cronje (1:26:38).
- Spankompetisie: 1. Burgers (1:18:19); 2. Team Roux (2:12:7).
Super naelren (super sprint) (400m-swem, 10km-fietsry, 2.5km-hardloop):
- Mans/seuns: 1. Josua Vorster (0:39:12); 2. Jan-Hendrik van Rooyen (0:40:20); 3. Hanno Maritz (0:40:49).
- Vroue/dogters: 1. Lome Gouws (0:42:35); 2. Leanne Viljoen (0:49:55); 3. Sonica Lareman (0:56:06).
Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na Eden-driekamp se eerste Cross Tri-byeenkoms - die Eden Cross Tri - het op Maandag, 16 Desember naby Geelhoutboom plaasgevind.
Simone Sharp in aksie in die naelren vir vroue.
Die swemgedeelte het in die Mölendriftdam plaasgevind, gevolg deur bergfietsry in die Outeniquaberge met die hardloop-dissipline op pragtige enkelpaadjie-roetes wat kronkel om die dam.
Die voorsitter van Eden-driekamp, Gerhard Liebenberg, het by navraag gesê hy hoop hierdie unieke byeenkoms sal groei tot een van die hoogtepunte op die nasionale driekampkalender.
Daar sal in twee afstande deelgeneem word, naamlik die 'Full' (1.2km-swem, 22km-fietsry, 8km-hardloop) en die 'Lite' (600m-swem, 15km-fietsry, 4km-hardloop).
Almal is welkom, beginners ook. Spanne is ook welkom om op 'n aflosbasis deel te neem. Daar is ouderdomsbeperkings op beide afstande.
Belangstellendes kan Eden Triathlon se Facebook blad besoek vir meer inligting of vir Corné Hattingh bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'