SUID-KAAP NUUS - Tydens die onlangse Suid-Afrikaanse toutrekkampioenskap op Oudtshoorn het die Oakdale-toutrekspanne vyf van die ses goue medaljes gewen.
Die 440kg A-span moes na taai stryd tevrede wees met die silwer medalje.
Die B-, C- en D-spanne het verskeie A- en B-spanne van ander deelnemende skole met prag- en kragvertonings geklop.
Die hoogtepunt van die kompetisie was die Oakdale-oorwinning in die 560kg-kompetisie wat gekies is as Suid-Afrika se Proteaspan vir deelname aan die wêreldkampioenskap in Ierland gedurende September.
Die 560kg-span van Oakdale is gekies om in Ierland aan die wêreldkampioenskappe deel te neem.
Oakdale se 600kg A-span het goud gewen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'