TUINROETE DISTRIKSNUUS - Twee Mosselbaaiers, Zelda Maloney en haar dogter, Kayleen Maloney het onlangs die hoogste berg in Afrika, Kilimanjaro uitgeklim.
Zelda sê Kilimanjaro was nog altyd op haar "te doen-lysie".
Twaalf jaar gelede het sy die gewilde Visrivierstaproete voltooi en daarna besluit sy wil die hoogste berg in Afrika ook sommer uitklim. Met Kayleen se onlangse 30ste verjaarsdag het ma en dogter besluit die tyd is ryp.
Hulle het met voorbereiding begin en onder meer die Outeniquabergreeks en Tierkop uitgeklim.
Op 12 Augustus het hulle na Tanzania vertrek om 'n droom die waarheid te maak en op 15 Augustus het die Maloneys saam begin klim. "Die landskap het elke dag verander wat bygedra het tot 'n ongelooflike ervaring," sê Zelda.
Onder leiding van die stapgids, Benjamin het ma en dogter die berg aangedurf.
"Ons tyd saam, ma en dogter, saam op die berg, was 'n belewenis met ewigheids-waarde," sê Zelda.
Met die hulp van ervare stapgids slegs bekend as Benjamin het ma en dogter die tog aangepak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'