OUDTSHOORN NUUS - Die Mosselbaai se Toutrekfees vind Saterdag 21 Oktober vir die eerste keer as deel van die Mosselbaai se Sport en Rekreasiefees plaas by die Van Riebeeck Sportgronde.
Program:
- 08:30 opening en verwelkoming
- 09:00 480kg meisies o.19 en 480kg seuns o.19
- 11:00 560kg gemeng o.19 (7 – 10 trekkers per span)
- 16:00 prysuitdeling: (pryse vir medaljewenners, besgeklede span, mees Oorspronklike drag en gees)
- 17:00 braai en kenmekaar funksie
Doel van die Fees
Om junior atlete toe te laat om in ‘n mededingende, maar vriendskaplike omgewing teen ander juniors hulle slag te wys. Dat atlete dit moet geniet is baie belangrik.
Reëls
- 480 kg Meisies en Seuns spanne:
- Die normale reëls geld, met halfeind- en eindrondes.
- 560 Gemeng:
- Die totaal van 7, 8 , 9 of 10 atlete per span.
Vir elke meisie wat ingesluit word kan 'n span 10kg meer weeg, maar met ‘n maksimum van 600kg.
Meisies in dié spanne mag nie met ‘n seun vervang word gedurende die kompetisie nie.
Rondomtalie-rondes met soveel as moontlik spanne per afdeling, sal plaasvind en daarna sal daar ‘n uitklopstelsel wees. Medaljes vir Premier, Plaat en Bowl kompetisies sal in dié kategorieë verwerf word. (Soos by Rugby 7’s)
Ander Pryse
Bes geklede span. (Eenvormig)
Mees oorspronklik geklede span. Oktober is lente maand. Helderkleurigheid is ons tema.
Beste “Gees”. (Wat sportmangees insluit)
Vir navrae kontak: Barries of Chanelle (083 561 0964 / 072 444 9005)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’