MOSSELBAAI SPORTNUUS - Duiwe van die Diaz All Flightklub het verlede naweek aan twee ope wedvlugte vanaf Strydenburg (480km) deelgeneem.
Dit was die duiwe van Fanie Ackerman wat uitsonderlik goed presteer het.
Fanie se duiwe het vir hom beide die ope 1 en 2 wedvlugte in die klub gewen. In die ope 1 behaal N&H Binedell die tweede plek gevolg deur Fanie Ackerman weer in die derde plek.
In die ope 2 is dit Joe Lemos in die tweede en Kalaharie Boesman in die derde plekke.
In die klub se dorpseksie is dit die duiwe van Tom en Louise Swart wat beide die ope 1 en 2 vir hulle eienaars inpalm.
In die ope 1 behaal Chris Nel die tweede plek met die Swarts weer in die derde plek.
In die ope 2 is dit Alfie Ladson wat goed presteer deurdat hy die tweede en derde plekke inpalm.
Uitslae:
Klub ope 1: Fanie Ackerman (1, 3, 7, 19); N&H Binedell (2, 23); Joe Lemos (4, 6, 10, 12, 16); Kalaharie Boesman (5, 21, 25, 26); T&L Swart (8, 11, 14, 22, 28); Chris Nel (9, 13, 27, 30); Alfie Ladson (15, 20, 24); Jerry van der Mescht (17, 18, 29).
Klub ope 2: Fanie Ackerman (1, 4, 8, 17, 18); Joe Lemos (2, 21, 22, 29); Kalaharie Boesman (3, 5, 6, 20, 26); T&L Swart (7, 13, 24, 25, 27, 30); Alfie Ladson (9, 10, 16, 28); Chris Nel (11, 14); N&H Binedell (15, 24); Jerry van der Mescht (12, 19).
Dorp ope 1: T&L Swart (1, 3, 5, 10, 13); Chris Nel (2, 4, 12, 15, 17); Alfie Ladson (6, 9, 11, 16); Jerry van der Mescht (7, 8, 14).
Dorp ope 2: T&L Swart (1, 6, 10, 11, 13, 14, 16); Alfie Ladson (2, 3, 8, 13, 15); Chris Nel (4, 7); Jerry van der Mescht (5, 9).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'