MOSSELBAAI NUUS - Hiermee 'n kort opsomming van Hoërskool Punt se atletiek vir die jaar sover.
Vanaf 1 Mei is mnr Chris Rossouw in beheer van atletiek by die skool.
Atletiek-toerusting is opgradeer soos byvoorbeeld hekkies, wat nie op standaard was nie is herstel en die skool het nou 60 splinternuwe hekkies.
Die top 10-atletiekbyeenkoms het op 30 September by die Van Riebeeck-stadion plaasgevind en bykans 500 atlete van regoor die land het deelgeneem. Punt-atletiek het vyfde geëindig.
Verder is byeenkomste in Bredasdorp en die SWD Talent-id in Oudtshoorn bygewoon.
Tydens hierdie byeenkomste het Punt-atlete hul beste gelewer.
Punt spog ook met puik afrigters wat elke Maandag tot Donderdag afrigting doen.
Tydens die jaarlikse prysuitdeling is Sherno Pick met die senior victor ludorum prys en Andrea Kommer met die senior victrix ludorum beloon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'