TUINROETE ATLETIEK NUUS - Die immergewilde Palm Tyres-padwedlope word weer Saterdag in George aangebied.
Atlete spring om 08:00 weg by Palm Tyres in Courtneystraat en beide die
10 km- en 5 km-wedlope eindig ook daar. Die prysuitdeling is om 09:45.
Voorafinskrywings kan by Palm Tyres en Top Gear Sport gedoen word of aanlyn by www.aswd.co.za, wat R10 ekstra kos.
Laatinskrywings kan op Vrydag 29 Junie by Palm Tyres van 17:00 tot 20:00 gedoen word en op Saterdag 30 Junie van 06:00 tot 07:30, ook by Palm Tyres.
Stappers en mense in rystoele is veral welkom om deel te neem.
Deelnemers wat die padwedlope binne die voorgeskrewe tye klaarmaak, sal almal medaljes ontvang. Daar is ook 'n gelukstrekking.
Vir enige navrae bel Sidwell Oktober by 078 935 8489.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'