Die baba se nege maande oue boetie is ook uit die ouers se sorg verwyder en beide seuntjies is reeds in veilige bewaring by geskikte ouers geplaas, hoewel die baba nog minstens ‘n week in die hospitaal behandel sal word.
Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen vir finansiële hulp om die baba se hospitaalkostes te dek, terwyl Marna Cronjé, die welsynswerker oor die saak, ook vra vir priem-doeke vir die baba, en nommer twee doeke en ses tot nege maande babaklere sowel as #2 Lactogen melk vir die onderontwikkelde boetie.
Daar word tans naarstigtelik gesoek na ‘n gepaste plek van veiligheid vir die dogtertjie (Agt) wat op die vlak van ‘n tweejarige funksioneer, omdat sy nog nooit die binnekant van ‘n kleuterskool of laerskool gesien het nie.