“Ek is so jammer, Nicolene. Nie jy of jou familie, of my familie het dit verdien nie. Ek weet nie wat my besiel het nie. My beste vriend is nie meer hier nie.”
Dit is nou al twee weke sedert Pretorianers geruk is deur die skietdood van Nicolene Schreuder (35). Connoway het haar na bewering sowat halfnege daardie Woensdagoggend voor haar kantoor in Rubensteinweg in Moreletapark gesoen en toe doodgeskiet waarna hy op sy groen motorfiets weggejaag het.