Só het ’n ouer van Hoërskool Marais Viljoen gesê nadat haar dogter nie na die matriekafskeid wat onlangs gehou is, uitgenooi is nie.
Sy het gesê briewe, waarvan die RECORD ’n afskrif het, is tydens die rekordeksamen aan uitgesoekte leerders uitgedeel om hulle te verwittig dat hulle nie ’n uitnodiging na die matriekafskeid ontvang nie omdat hulle nie aan die vereistes voldoen nie.
Van die vereistes wat aangevoer is, is onder andere skoolgelde wat op datum betaal moet wees.