NASIONALE NUUS - Suid-Afrikaners, waaronder talle bejaardes, moet tot minstens die einde van die inperkingstydperk, steeds 'n ander plan maak om daagliks 'n warm maaltyd te bekom.
Duisende mense koop normaalweg hulle hoofmaal by kettingwinkels wat sulke dienste bied.
Die minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Nkosazana Dlamini-Zuma, het hierdie diens tot minstens volgende week Vrydag die nek ingeslaan deur die publisering Maandagaand van die wysigings aan die inperkingsmaatreels wat sekere onsekerhede moes opklaar - insluitend die verbod op die verkoop van voorbereide etes.
En nou is dit duidelik. As jy nie by die huis 'n warm ete kan voorberei nie, is dit koue kos, skat.
In Marietta Van der Vyver se gelyknamige boek verwys die titel na die wraak wat sy neem teen haar eks-man, maar in dié geval is die mense wat onder die belaglike maatreël ly, duisende onskuldige pensionarisse en ander, meestal alleenlopers, wat voor inperking elke dag by hulle plaaslike supermark opgedaag het om 'n gebalanseerde, gekookte maal te koop.
Lees die volledige artikel in Donderdag se streekkoerant.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'