Update
MOSSELBAAI NUUS - "Die wind maak brandbestryding in plantasies uiters moeilik."
So sê munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee.
"Van die areas waar die vuur woed is ook nie bereikbaar nie."
Hy voeg by: "Die onderskeid in brandweerfunksies van B Munisipaliteite soos Mosselbaai Munisipaliteit en 'n C munisipaliteit soos Eden Distriksmunisipaliteit is dat B munisipaliteite struktuurbrande moet hanteer terwyl C munisipaliteite alle veldbrande en spesialis rampe moet hanteer.
"Dit gebeur gereeld dat die B munisipaliteite veldbrande hanteer omdat Eden elders besig is en nie dadelik bronne beskikbaar het nie. So het Mosselbaai Munisipaliteit gister die twee groot veldbrande hanteer. Eden is vanaf vanoggend betrokke by die Haelkraal brand.
"Die beheer van die Haelkraal brand is dan ook aan Eden oorhandig. Eden doen nou die beplanning en beheer van die Haelkraal brand. Mosselbaai Munisipaliteit het steeds 3 spanne op terrein en verleen ondersteuning."
'n Gesamentlike beheersentrum is by die brand geskep met adjunkhoof Van Wyk van Eden Distriksmunisipaliteit as die bevelvoerder.
Die Mosselbaai Brand- en Rampbestuurspan hanteer tans die suidelike en westelike flank.
Lughulpbronne werk op die noordelike flank en word bygestaan deur CapeNature, WOF en MTO Bosbou.
Lees vorige artikels:
• Fire: 400 Hectares of plantation destroyed
• Latest on Haelkraal fire
• Update on Haelkraal fire
• Haelkraal fire update
• Update on fire at Haelkraal
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'