MOSSELBAAI NUUS - Die derde dag van die Light Tackle Boat Angling Wêreldkampioenskappe is vandag, Vrydag 17 Maart afgestel as gevolg van die weerstoestande en baie hoë deinings in die see vandag by Mosselbaai.
Volgens die organiseerders gaan die finale uitslae bepaal word met die twee dae se uitslae wat Dinsdag en Woensdag plaasgevind het. Donderdag was ‘n rusdag.
Die prysuitdeling vind vanaand, 17 Maart, in die Mosselbaai-stadsaal plaas. Uitslae van die kompetisie sal in die 24 Maart uitgawe van die Mossel Bay Advertiser verskyn.
Verwante artikels:
- Wêreld helngelkompetisie plaaslik gehou
- Light tackle boat angling champs under way
- Anglers, dignitaries receive warm welcome to Mossel Bay, home of top sport events
- Angling compeition ceremony at town hall
- Demonstration against international angling competition
- International angling contest in town
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’