Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie en buurtwaglede van Civic Park en Highway Park patroleer tans Hillcrest Sekondêre Skool en omgewing om die veiligheid van die leerlinge te verseker.
Die polisie ondersoek tans voorvalle waar twee leerders van die Hillcrest Sekondêre Skool binne 24 uur vermoor is.
17-Jarige Michaela Booysen is Sondag in die vroeë oggendure vermoor toe sy met 'n voorwerp teen haar kop geslaan is.
In gister se voorval, is 'n 17-jarige seun met 'n mes gesteek. Hy het later aan sy beserings beswyk. Hy is intussen geïdentifiseer as 17-jarige Khuselo Ndanda.
Die moontlikheid bestaan dat die voorvalle bende-verwant is.
Leerlinge en die gemeenskap is platgeslaan deur die huidige tendens wat kop uitsteek in die skool en die omgewing.
Polisie patroleer Hillcrest Sekondêre Skool.
Polisie en buurtwaglede van Civic Park en Highway Park verseker die veiligheid van die leerlinge.
Khuselo Ndanda
Lees vorige artikels:
- School stabbing update
- Attack at school: 3 learners arrested
- Opvolg: Messtekery by hoërskool
- Messtekery by hoërskool
- Tienermeisie vir haar tekkies vermoor
* Hierdie artikel is aangepas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'