Update
MOSSELBAAI NUUS - Adv. Thys Giliomee, die Munisipale Bestuurder van Mosselbaai Munisipaliteit, oor die huidige protesoptrede in Mosselbaai:
"Vandag, 1 Julie 2018, om 12:00 het ‘n gesamentlike beplanningsvergadering in Mosselbaai plaasgevind onder leiding van die SA Polisie. Die vergadering is bygewoon deur verteenwoordigers van verskeie eenhede van SAPS, munisipale amptenare, verteenwoordigers van die Demokratiese Alliansie (DA), die African National Congress (ANC), die onderskeie ambulansdienste en die buurtwagte uit verskeie gemeenskappe.
"Die gesprekke was in ‘n baie goeie gees en daar is goed gevorder om oplossings te vind vir die protesoptrede.
"Die Munisipale Bestuurder het beide die ANC en die DA bedank vir die baie goeie onderlinge samewerking in die soeke na oplossings. Beide partye se verkose leierskap tree uiters verantwoordelik op en werk baie hard daaraan om oplossings te vind vir die protesoptredes. Die Munisipale Bestuurder is vol vertroue dat indien die stappe wat voorgestel is uitgevoer word, die situasie sal stabiliseer.
"Die ANC leierskap het onvoorwaardelik onderneem om alles in die stryd te werp om so spoedig moontlik met die leiers wat verantwoordelik is vir die protesaksie, te vergader. Die DA het onderneem om met die gegriefdes te vergader oor enige diensleweringsaangeleenthede.
"Intussen is alle moontlike operasionele planne in plek om die situasie te hanteer. Gereelde operasionele vergaderings vind steeds plaas en die buurtwagte word ook hierin verteenwoordig. Die gemeenskap word versoek om ter alle tye van die bestaande strukture gebruik te maak, indien nodig, en om kalm te bly.
"Geen lid van die publiek mag onder enige omstandighede reg in eie hande neem nie. Daar is tans geen bewese inligting van enige beplande optog na die middedorp of na Danabaai nie.
"Sterk wind word volgens die jongste weervoorspellings verwag en die gemeenskap word versoek om enige veld- of ander brande so spoedig as wat dit opgemerk word, te rapporteer. Die algemene munisipale telefoonnommer is 044 606 5000."
Lees verwante artikels:
• Louis Fourie Road and N2 open
• Mossel Bay protest update
• Latest update: Protest action
• Mosselbaai-protesaksie: 15 gearresteer
• Mossel Bay protest action: Situation tense
• Municipal manager calls for calm
• Protesaksie: Situasie gespanne
• Protest action in Mossel Bay
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'