MOSSELBAAI NUUS - Die situasie in en om Mosselbaai bly gespanne.
Op Mayixhaleweg in KwaNonqaba drom 'n massa mense saam en wetstoepassers het hul hande vol om kalmte te bewerkstellig.
Wetstoepassers vra dat die gemeenskap gehoor moet gee aan hul versoeke om nie die paaie waar brandpunte voorkom, te gebruik nie.
Die N2 naby Langeberg Mall staan heeltemal stil. Motoriste moet eerder Hartenbos-afrit neem.
'n Brand is ook gestig by die vullisstortingsterrein op Louis Fourieweg. Die nooddienste is op die toneel.
Lees 'n verwante artikel hier: Protest action in Mossel Bay
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'