Update
GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die twee-en-twintig-jarige Francois Stander, wat verlede Dinsdag uit aanhouding by die Groot-Brakrivier-polisiestasie ontsnap het en weer in hegtenis geneem is, het na bewering ‘n bootenjin gesteel.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê Stander is die afgelope naweek op Jeffreysbaai vasgekeer.
Stander se in hegtenisname volg nadat ‘n soektog van stapel gestuur is kort nadat hy onderweg na ‘n hofverskyning, wat verband hou met diefstal-aanklagte, weggehardloop het.
Stander het gister vlugtig in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van diefstal en bly in aanhouding.
Intussen ondersoek die polisie die omstandighede wat verband hou met sy ontsnapping. Nog aanklagte sal moontlik later teen hom aanhangig gemaak word.
Botha sê daar is ook aanklagte van diefstal teen Stander by die polisie in George.
Vorige artikels:
- Man vas na ontsnapping
- Circumstances of suspect's escape at court investigated
- Man ontsnap uit aanhouding
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'