GROOT BRAKRIVIER NUUS - Francois Stander het vanoggend uit aanhouding by die Groot-Brakrivier-polisiestasie ontsnap.
Stander was na wat verneem word by die Groot-Brakrivier Landdroshof toe hy ontsnap het.
Dit is nog nie bekend op watter aanklagte hy in aanhouding was nie. Dit is ook nog nie bekend hoe hy ontsnap het nie.
Enigeen wat Stander sien word versoek om die polisie te kontak by 044 620 8304. Hy was na wat verneem word laas in die Bergsig gebied op Groot Brak gesien.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'