Update
GROOT BRAKRIVIER NUUS - ‘n Man van Groot-Brakrivier, Francois Stander wat verlede Dinsdag uit aanhouding by die Groot-Brakrivier-polisiestasie ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Die polisie het bevestig die drie-en-dertig-jarige Stander is die afgelope naweek op Jeffreysbaai vasgekeer.
Dit volg nadat ‘n soektog Dinsdag, 18 Augustus van stapel gestuur is, kort nadat Stander onderweg na ‘n hofverskyning wat verband hou met diefstal-aanklagte, weggehardloop het.
Stander sal vandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal.
Intussen ondersoek die polisie die omstandighede wat verband hou met sy ontsnapping. Nog aanklagte sal moontlik later teen Stander aanhangig gemaak word.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'