Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Hele paar hofsake het die afgelope week in Heidelberg-landdroshof voorgekom.
Die klagtes wissel van bedrog en diefstal tot onwettige handel in drank.
- Die saak teen die 48-jarige vrou van Heidelberg wat Dinsdag, 18 Augustus in die hof op aanklag van bedrog van R34 000 verskyn het, is tot Dinsdag, 15 September uitgestel. Sy is op vryborg tot haar volgende verskyning.
- Twee mans van Heidelberg, Arend Philander (47) en Nkululeko Nyenyiso (25) is Dinsdag, 18 Augustus skuldig bevind op aanklag van huisbraak en diefstal na hulle vroeër vanjaar by ’n huis in Markstraat ingebreek en vleis gesteel het. Beide is tot twee jaar gevangenistraf gevonnis.
- André Amsterdam (19) is Dinsdag, 18 Augustus op aanklag van diefstal skuldig bevind en tot een jaar gevangenisstraf gevonnis.
- ‘n Drie-dertigjarige vrou van Joe Slovo Park is die afgelope naweek op aanklag van handel in drank gearresteer. Sy is op waarskuwing vrygelaat en moet Dinsdag, 1 September in Heidelberg-landroshof verskyn.
Vorige artikel: Verskeie hofsake vind in Heidelberg plaas
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'