Leerders moes verlede jaar hul prakties voltooi met slegs drie uit die sewe stowe wat gewerk het. Me Millie het vir 38 jaar leerders met sorg onderrig en die veranderende tye meegemaak toe stowe van farenheid na grade celcius verander het.
Haar vreugde was dus groot toe sewe nuwe stowe deur die Van Graan-broers van Technochair en Tecnoscreen geborg is. Mosselbaai Rotariërs en Mosselbaai se Burgemeesterfonds het die teëls vir die sentrum geborg.
Studente van die Centrum of Excellence van PretoSA het onder leiding van hulle dosent, mnr Nolan, die ou stowe ontkoppel en die installering van die nuwe stowe gedoen.
Die skool bedank almal in die gemeenskap wat met die projek gehelp het en in besonder lidmate van die Gereformeerde Kerk Mosselbaai wat die projek ondersteun het.
Tuinroete Agri het die verf geborg en na agt weke kon klasse hervat word in 'n splinternuwe sentrum!
Me Millie en me Briesies het die opgegra-deerde sentrum amptelik geopen saam met verteenwoordigers van die hoofborge. Me Lubbinge wat die projek bestuur het, sê: "Bo alles dankie aan die Here, ons God wat die krag en motivering vir die projek gegee het en die regte mense op die regte tyd en plek geplaas het. Dit is Hy wat hierdie gemeenskapsprojek geseën het ver bo wat ons kon verwag."

Die "nuwe" verbruikerstudie-sentrum word amptelik geopen - van links is Vader P Rhodes (Beheerraad), me Hendricks, WCED, Rudi van Graan (Technochair), me Marie Ferreira (burgemeester), me Lubbinge, me Briesies (skoolhoof), me Millie (departementshoof) en mnr Pierre van Graan (Technoscreen).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'