DANABAAI NUUS - Manissa Wessou (47), wat verlede Vrydag oorlede is na 'n motorongeluk op Danabaai, se roudiens word vandag, 5 Februarie gehou.
Die roudiens vind vanaand om 18:30 by die Assembly of God Lighthouse Kerk in Marlonstraat, Mosselbaai plaas.
Haar begrafnisdiens word Saterdag, 8 Februarie om 09:00 by dieselfde kerk gehou.
Slegs een motor was in die ongeluk betrokke; die voertuig het teen 'n muur in Floraweg vasgery.
Nooddienste is na die toneel ontbied en Wessou is op die toneel dood verklaar.
Die presiese oorsaak van haar dood is nog onbekend. KwaNonqaba-polisie het 'n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.
Wessou se man, Larry, het gesê die familie sal op 'n later stadium 'n huldeblyk aan Manissa uitreik. Sy laat haar man, Larry, hulle vier kinders, vyf broers en een suster agter.
Vorige artikel: Vrou op ongelukstoneel dood verklaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’