Breaking News
DANABAAI NUUS - Nooddienste is vanoggend na ‘n ongelukstoneel in Floraweg op Danabaai ontbied nadat ‘n motor teen ‘n muur vasgery het.
Die 47-jarige vroulike bestuurder is kort daarna deur paramedici dood verklaar.
Die voorval het om ongeveer 07:30, naby Blom se Pub gebeur.
Slegs een voertuig was in die voorval betrokke.
Verskeie omstanders het op die toneel saamgedrom. Die familie van die oorledene was ook op die toneel en is deur ooggetuies vertroos.
Die presiese oorsaak van die vrou se dood is nog nie bekend nie en haar identiteit is nog nie bekend gemaak nie.
KwaNonqaba-polisie het 'n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’