Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Mosselbaai-polisie het vanoggend 'n oproep van 'n werknemer van die Point Hotel by die Punt op Mosselbaai ontvang om te sê dat 'n verbyganger iets, vermoedelik 'n liggaam, op 'n krans langs die St Blaize-staproete onder die lighuis sien lê het.
Die vrou se handsak is ook op die toneel gevind met haar ID dokument en selfoon binne in die handsak.
'n Handdoek en serp is glo ook 'n ent van die liggaam af gevind.
Volgens kapt Jackie Grundlingh van Mosselbaai-speurders, is die vrou in haar vroeë 30's en is haar identiteit aan hulle bekend.
Haar liggaam moet egter eers formeel uitgeken word nadat naasbestaandes in kennis gestel is.
"Geen gemene spel word op die stadium vermoed nie," het Grundlingh aan die media gesê.
Kyk 'n video hieronder.
Foto's: Jannie du Plessis
Die vrou se liggaam is op die kranse by die Punt gevind. Foto: Jannie du Plessis
Op die toneel vandag. Foto: Suzette Herrer
Omstanders op die toneel. Foto: Jannie du Plessis
Lees 'n vorige artikel: Liggaam onder afgrond by die Punt gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'