Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Sommige inwoners van Hartenbos Heuwels het pas opdrag ontvang om hul huise te ontruim.
Volgens jongste inligting is die Hartenbos Dierehospitaal ook ontruim.
Lugsteun deur Working on Fire staan tans die Mosselbaai Brand en Rampbestuursdienste by wat 'n veldbrand tussen Hartenbos Heuwels en Menkenkop beveg.
Die Mosselbaai Munisipaliteit het ook die dienste van Kobus Crous van Mossel Bay Helicopters addisioneel tot die span van Working on Fire ingeroep.
Huise word bedreig maar nooddienspersoneel is op die toneel.
Tans bemoeilik 'n sterk wind die brandbestrydingspoging.
'n Dringende beroep word op mense wat nie in die area woon nie gedoen om nie die omgewing van die brand te besoek nie sodat brandbestryders en nooddienswerkers ongehinderd diens kan lewer.
Kyk twee videos hieronder.
Inligting sal volg soos dit bekend gemaak word.
Ernest Vivier het hierdie hondjie gered by 'n huis waar net 'n senior dame tuis was. Beide die hondjie en dame is tans veilig.
Foto: Facebook
Lees 'n vorige artikel: Vegetation fire burning.
Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'