Die lyk is onherkenbaar ontbind en dele van die liggaam asook kledingstukke het aan ‘n boom naby ‘n dam in Greenfields gehang.
Die kop van die liggaam het eenkant op die grond gelê. Polisielede het die gebied gefynkam en ‘n identiteitsdokument is op die toneel gevind.
Die vermoede bestaan dat die liggaam moontlik dié van ‘n 42-jarige inwoner van die gebied is. Die man is glo reeds sedert November vermis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'