Update
MOSSELBAAI NUUS - 'Nurdles' word nou op alle Mosselbaai-strande gesien.
Vrywilligers van S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team) en besorgde inwoners het vanoggend reeds baie van die 'nurdles' op veral Danabaai- en Santos-strande verwyder.
Dit is egter 'n aanhoudende proses omdat die 'nurdles' steeds uitspoel.
Môre gaan 'n groep ook op Gouritsmond help om die 'nurdles' te verwyder.
Daar is tans 2 versamelpunte vir 'nurdles' in die Mosselbaai-omgewing; in Danabaai by Cyber South (Floraweg 204) en die Shark Lab Akwarium by die Punt in Mosselbaai.
'Nurdles' word gebruik om plastiese produkte te vervaardig.
Dit is nie afbreekbaar nie en mariene diere kan dit nie onderskei van hulle voedselbron nie.
Belangrike inligting oor 'nurdles'.
Lees 'n vorige artikel: 'Nurdles' bereik Mosselbaai
ARTIKEL & FOTO: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'