Video
MOSSELBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Die 'nurdles' wat in Oktober van ‘n skip in Durban se hawe afgeval het, het die Mosselbaaise kuslyn bereik.
'Nurdles' is so groot soos lensies en word gebruik om plastiese produkte te vervaardig.
Dit is nie afbreekbaar nie en mariene diere kan dit nie onderskei van hulle voedselbron nie.
'Nurdles' is reeds opgemerk op Dwarswegstrand, Kleinbrak en Hartenbos strande.
Inwoners kan dit met behulp van siwwe, nette en skadunet optel.
Dit moet dan in houers na ‘n versamelpunt gebring word.
Vir meer inligting, kontak S.M.A.R.T (072 227 4715).
'Nurdles' moet nie in munisipale asblikke gegooi word nie.
Alle versamelde “nurdles” moet uiteindelik na Ushaka in Durban gaan.
Kyk 'n video hieronder.
'Nurdles' is reeds opgemerk op Dwarswegstrand, Kleinbrak en Hartenbos strande.
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
VIDEO & FOTO'S: TERRSIA MARAIS, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'