Update
MOSSELBAAI NUUS - Edrei Gerber, Hoërskool Punt se top-presteerder en die skool se matrikulant van 2022 met die hoogste gemiddeld meen om op te let in die klas het bygedra tot sy sukses. Edrei het matriek geslaag met 'n gemiddelde punt van 90.4% en hy het agt onderskeidings op sy kerfstok.
"Ek het nie juis iets anders gedoen as die meeste leerders nie. Dit is net verskriklik belangrik om op te let in die klas want baie keer noem die onderwyser iets wat nie noodwendig in die handboek voorkom nie."
Edrei noem homself 'n tegnologie-liefhebber. "Ek lees glad nie storieboeke nie maar ek is mal daaroor om artikels oor die nuutste tegnologie te lees of oor nuwe wetenskaplike uitvindsels. Ek is ook baie nuuskierig en as ek oor iets wonder, lees ek daaroor op."
Hy sê hy volg ook wetenskaplike, wiskundige en tegnologiese video's op YouTube. "Ek kyk na video's in my vrye tyd en leer dinge in detail wat ek nie op skool leer nie."
Edrei het teen die ter perse gaan sy goed gepak om Kaapstad toe te trek. Hy gaan kubersekuriteit in die Kaap by Eduvos studeer.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'