Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vyftigjarige onderwyser van Erika Primêre skool wat vandag, op 22 Junie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn het op aanklagte van seksuele aanranding, is borgtog van R2500 toegestaan.
Die verdagte het op Maandag, 13 Junie in die Mosselbaai-landdroshof sy eerste verskyning gemaak en was sedertdien in aanhouding.
Hy word daarvan verdink dat hy minstens vier meisies tussen die ouderdom van 13 en 15 jaar tydens skooltyd seksueel aangerand het.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorvalle op verskillende tye gebeur het. Sy borgvoorwaardes sluit in dat hy nie Mosselbaai mag besoek nie.
Die verdagte is in George woonagtig. Hy mag ook nie die skoolterrein waar die beweerde voorvalle plaasgevind het besoek nie en is deur die Wes-Kaapse departement van onderwyser geskors hangende die uitkoms van die hofsaak. Hy sal ook dissiplinêr verhoor word. Die saak is na 1 Augustus uitgestel.
Vorige artikels:
- Onderwyser in hof vir borgaansoek
- Onderwyser bly in aanhouding
- Onderwyser in hof oor seksuele aanrandings
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'