Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vyftigjarige onderwyser van Erika Primêre skool op Mosselbaai sal weer vandag, op Woensdag, 22 Junie in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklagte van seksuele aanranding.
Die verdagte het op Maandag, 13 Junie in die Mosselbaai-landdroshof sy eerste verskyning gemaak.
Hy word daarvan verdink dat hy minstens vier kinders tydens skooltyd seksueel aangerand het.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorvalle op verskillende tye gebeur het.
Die mees onlangse voorval het verlede week plaasgevind.
Die onderwyser is op 11 Junie deur die polisie op Mosselbaai in hegtenis geneem.
Die naam van die verdagte mag nie deur die media bekend gemaak word alvorens hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie. Hy sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'