MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vyftigjarige onderwyser van ‘n laerskool op Mosselbaai verskyn vandag, Maandag, 13 Junie in die Mosselbaai-landdroshof op aanklagte van seksuele aanranding.
Die verdagte word daarvan verdink dat hy minstens vier kinders tydens skooltyd seksueel aangerand het.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorvalle op verskillende tye gebeur het. Die mees onlangse voorval het verlede week plaasgevind.
Die onderwyser is die afgelope naweek deur die polisie op Mosselbaai in hegtenis geneem.
Die naam van die verdagte mag nie deur die media bekend gemaak word alvorens hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'